Volg my op my AMPTELIKE blaaie...

Vorige vrystellings van Andries:


CD – Wie se hande, Wie se voete: 2006 *(UITVERKOOP)

DVD – Wie se hande, Wie se voete: 2006 *(UITVERKOOP)

CD – Jy vry Lekke…: 2008 *(UITVERKOOP)

CD – Weskus Kwêla: 2010 *(UITVERKOOP)

DVD – Weskus Kwêla: 2010 *(UITVERKOOP)

CD – Want hy vertel so Lekke: 2011 *(UITVERKOOP)

CD – Bakbeen Anties: 2013 *(UITVERKOOP)

CD – Want hy vertel so Lekke vol 2: 2013 *(UITVERKOOP)

DVD – Want hy vertel so Lekke: 2013 *(UITVERKOOP)

CD – (DUBBEL CD) Kom Lag ‘n Bietjie: 2015 *(BESKIBAAR)

CD – (DUBBEL CD) In Afrikaans: 2017 *(BESKIBAAR)

 

Ná die wegholsukses van sy dubbelalbum, Kô lag 'n bietjie, is Andries Vermeulen terug met ’n versameling van sy beste musiek en stories. Dié nuwe dubbelalbum, In Afrikaans, spog met tien liedjies en dertig stories wat luisterplesier verseker.

Hoewel die nuwe album steeds Vermeulen se stempel dra, wys hy ook nuwe dele van sy persoonlikheid, met ’n meer volwasse aanslag. Die eerste CD bevat die musiek en hy het van sy musiekvriende soos Elvis Blue, Adam Tas en Steve Hofmeyr ingespan om van die musiek te skryf.

Die tweede CD bevat die stories, waarmee Vermeulen self vorendag gekom, of geleen, het soos hy dit regoor die land gehoor en geniet het.
͞Dit is sekerlik die beste samevatting van storievertelling en liedjies wat ek nog gedoen het. Die storievertellings op die album sal jou laat lag, maar ook onthou van beter dae. Dit sal jou laat vergeet van jou probleme. Dit weerspieël die nostalgie en waarde van storievertel in Afrikaans op sy beste,͟ vertel hy.

Vermeulen is alombekend as ’n Afrikaanse Storieverteller, Sanger en TV aanbieder met ’n suksesvolle kykNET-program, OppieStoep, wat hy weekliks aanbied saam met sy kollega Pietman Geldenhuys. Kô lag 'n bietjie het meer as 24 000 kopieë verkoop en was vir ses opeenvolgende weke in 2015 onder die top 20-verkopers. Dié album het in 2016 ook ’n kykNET Ghoema-toekenning vir beste humor-album ingepalm en was genomineer vir ’n Huisgenoot Tempo-Toekenning.

Jy maak egter geen fout om hierdie veelsydige kunstenaar te bespreek vir jou funksie nie!!!

Ondersteun asseblief die manne wat vir Andries Vermeulen borg

Musiekwereld - Verskaffers van musiek instrumente
Motor handelaar Vanrhynsdorp, Weskaap, Suid Africa

Tel: 027 219 1033
Epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Volg my op AMPTELIKE blaaie...

Kopiereg voorbehou © 2017 Andries Vermeulen - Sanger - Komediant - Storieverteller - TV Aanbieder
Sel: 082 853 7917 | Faks: 0862108031
Webtuiste Onderhou en Gebou deur IT Giant Web